Elza Meyer
|
| Julie Boodskap |
| 2010.08.11 07:53:42 | |
|
JULIE BOODSKAP Die afgelope tyd, was in alle fasette van my lewe baie besonders. Kom ek vertel meer: HEUPVERVANGING My operasie was nie ‘n negatiewe ervaring nie, maar ‘n ervaring van Goddelike aanraking. Vandat ek uit die operasiesaal gestoot is, was ek pynvry. Ek het ongemak ervaar, spiere wat trek en van tyd tot tyd ‘n spasma vorm, maar nooit pyn nie. God het my deur die operasie genees. Die operasie was een van die moeilikste besluite van my lewe, aangesien ek regtig die Here vertrou vir genesing. Ek weet met my hele wese dat Hy Jahwe Ropheka is, die Here wat genees. Ek wou in geen opsig ontrou wees aan hierdie waarheid deur vir ‘n operasie te gaan nie. Uiteindelik na twee en half jaar van pyn, waarvan die laaste ruk die ergste was, het ek vrede ervaar dat Hy die operasie wil gebruik om my te genees. Ek eer Hom vir sy goedheid. Ek is ook geweldig dankbaar vir dokter Jan Venter se bekwaamheid, maar ook vir sy posisie in Christus. Unitas het my voete onder my uitgeslaan met uitstekende diens en Christene oraloor. Selfs ‘n Christen berader wat elke pasiënt voor sy/haar operasie besoek! Hierdie is ook ‘n besonderse tyd in my wandel met die Here. Hy praat met my op nuwe maniere en ek is gekoester in sy teenwoordigheid. 9 AV Hierdie maand het ons weer die 9e Av volgens die Bybelse kalender gevier. Dit is en bly ‘n baie belangrike datum op die kalender. Op die 9e Av het God herhaaldelik sy oordeel oor Israel aangekondig a.g.v. sonde teen Hom · Op die 9e Av is die Israeliete gestraf omdat hulle die goue kalf aanbid het. · Presies ‘n jaar later het hulle by die Jordaan geweier om God se belofte van die Beloofde Land te aanvaar en op die 9e Av het Hy hulle opdrag gegee om vir 40 jaar in die woestyn rond te swerf. · In 586 het die Babiloniërs op die 9e Av die Eerste Tempel verwoes. · In 70 n.C. het die Romeine op dieselfde dag die Tweede Tempel verwoes. · In 71 n.C. het die Romeine op die 9e Av begin om die Aelia Capitolina, ‘n heidense tempel op Tempelberg te bou. · In 1095 het die eerste kruistog o.l.v. Pous Urbanus 22 op die 9e Av begin, waarin honderde duisende Jode gesterf het. · In 1290 het die koning van Engeland op die 9e Av die Jode verbied om langer in Engeland te woon en al hul eiendom gekonfiskeer. · Op die 10e Av in 1306 het koning Philip de Fair van Frankryk dieselfde gedoen. · Op die 9e Av 1492 het koning Ferdinand en koningin Juliana van Spanje dieselfde gedoen en die besittings van die Jode vir Columbus gegee as finansiering vir sy reis na die nuwe wêreld. · In 1555 is die Jode in Rome uit die stad verwyder en gedwing om in ‘n ghetto te gaan woon op die 9e Av. · In 1648 het die Chielminicki Massacre op die 9e Av begin, waarin die Kossake 250 000 Jode vermoor het. · In 1914 het die Eerste Wêreldoorlog op die 9e Av uitgebreek toe Engeland en Rusland teen Duitsland oorlog verklaar het. · In 1942 het Hitler om die eerste Jode te vermoor op die 9e Av. · In 1994 het ‘n terroriste bom op die 9e Av in Buenos Aires in die Joodse gemeenskap afgegaan en baie Jode vermink en gedood. Elke jaar is alle Jode ten diepste bewus van die feit dat die 9e Av nie maar net ‘n gewone dag op hul kalender is nie. Hierdie jaar het Tom Hess vanuit die Huis van Gebed ‘n oproep gemaak dat alle volke en nasies die Here moet loof en prys vir sy goedheid en genade. “Dis deur lofprysing dat die Here voor ons uitgaan en ons vyande verdryf,” het hy aangevoer. Ons het ook waarskuwings uitgestuur dat hierdie ‘n tyd van intense gebed en intersessie behoort te wees. Ek glo met my hele hart dat die Here al die pogings van die vyand om SA in anargie en wanorde te dompel afweer a.g.v. die gebede van die gelowiges. Letterlik duisende Suid-Afrikaners het met absolute oorgawe en toewyding gebid. Laat ons nie nou verslap nie, maar kom ons begin om die Here te dank! Dink na oor die tyd wat verby is. Prys die Here vir alles wat Hy doen en vir sy goedheid! Dank Hom vir alles wat jy in die afgelope paar jaar kon beleef. Al die goed en sleg, lekker en moeilike dinge wat op jou pad gekom het, het jou omvorm tot wie jy vandag in Christus is. Gaan maak ‘n slag bestekopname en prys die Here vir alles! En dan vra jy Hom om al hierdie dinge te gebruik as die kompos, waaruit Hy jou opnuut kan oprig. Vertrou Hom om jou te leer om net vanuit sy krag en vermoë te lewe. Dan sal jy die heerlikheid van God sien! Tot ons weer gesels! Onthou om alles en almal met wie jy in aanraking kom na God toe te help draai! Seën en sterkte! Elza Tags:
|
Elza Meyer
|
| June 2010 Message |
| 2010.06.30 23:28:02 | |
|
The past few days God spoke to me regarding the message embedded in Numbers 13 and 14. When the spies came back from investigating Canaan only two were able to remember God’s promises and assured the people that God would be able to overtake their enemies on their behalf. The other spies looked to the gigantic people, the high walls around the cities and all the problems they foresaw and were unable to take hold of what God promised them. The sad thing is that the whole of Israel believed the negative spies for telling the truth, while the truth was hidden in God’s promises and they did not realise it. Only Caaleb and Joshua were true to God and His words and they were the only ones to experience the Promised Land as described in Joshua 14:6–14. We must understand that the spies amongst us skilfully play out our worst fears like a violin. They are successful in making us forget what we knew to be true. They seduce us into accepting negative rhetoric in place of reality through God’s eyes. They spin us into a web of misinformation, confusion and even corruption. In Israel the spies caused them to say that God brought them and their children to a place where they would die. Because of their distrust in God, He gave them what they prophesied over themselves, but to their innocent children He gave His promise and let them experience the fulfilment thereof. A covenant does not end when the individuals with whom He made the covenant die. A covenant continues into the next generation, and every generation thereafter, if they will only accept God’s plan for them. Over centuries God called us to turn this country to Him. We are a generation who understands this calling and is willing to stand up for His will to be accomplished through our lives. Thousands throughout South Africa are pleading for our country and its people, interceding that God will turn all people groups in our country to Him. God spoke into my heart regarding the promises He made regarding South Africa and the way in which we keep hold of those promises, even in times of disillusionment, high walls, enemies like giants and difficult circumstances. Therefore I would like to release a spiritual press declaration. During the Hadassa-, Ester- and Danielprocess God confirmed several truths over our country. Without taking you through the whole process again,* I would like to remind you of a promise God made to us in November 2007. He cut a covenant with us that He will remove the mountain of unbelief from SA and that He will turn our hearts of stone into hearts of flesh, on which His will, law and words are written. Be attentive! God didn’t expect of Israel to overcome their enemies. In Exodus 23:20-30 He promised to send firstly His angel, secondly His fear and lastly hornets before His children to drive their enemies away. Conquest was not their mission, listening to God’s voice was. Making war was not their purpose in life, obeying God was their purpose. Defeating the enemy was never their destination, doing God’s will was their destiny. Therefore: let us pray to God to turn the hearts of all people in SA to Him. Ask Him to enable you to hear his voice and let listening to Him alone be your mission! Obey His Word and make that your purpose in life! Let your destiny be to life God’s will! Then we will be safe in the midst of any and every danger. After you have read this message, I would like you to read the press release by Kenneth Meshoe and to act in prayer. But beloved, please do not allow the course of public debate to make you forget the details of God’s covenant with us. Be like Caaleb and Joshua and stand against the tide, and instead call all people back to a covenant life with God. Let us start praying for our beloved country and all its people groups, that the 15 nations in this rainbow nation will turn to God with heart, soul and mind in their walk and talk! * Read the last chapter in my book: Victory / Oorwinning. It is also available on my blog. Please click this link to open the ACDP June Newsletter by Rev. Kennith Meshoe Tags: Hits: 297 | Read more... |
Elza Meyer
|
| WHAT AN AWESOME WEEK! |
| 2010.06.04 11:41:00 | |
|
NEW PARTNER TO THE AFRICAN CHURCH When I sat with God on Wednesday morning I didn't dream that God would work in such a wonderful way. He did in one week, what no man can do even in a year! Early Wednesday morning we had a meeting with Jaco from Shalom Toren. You must have seen the billboards they put up with bliblical messages of hope and godly love. Anyhow, he brought with him three men I have never met before: Fanie, Meshak and Edward. They were from Judea Harvest. They are planning a monthlong outreach from the 15th of October until the 15th of November to more than 1 000 cities and townships. We at Turn2God have been praying for a partner to the African community for very long. We have investigated several routes, but were astounded by God's grace! At last we had a partner, that is biblical founded and pure from so many things the African church struggles with. I know Louis Blom for many years, we served simultaneously on the SAAWE Board, but for some unknown reason, I never thought of asking them for assistance. And now we needn't even try to establish a vehicle. All Turn2God needs to do is to work with a really excisting sound vehicle! That is God! NEW BILLBOARD PARTNER Ezelle, who is responsible for all T2G's billboards also arranged for another man to be at the meeting, Christo, who represents a manufacturing company that makes billboards. He is absolute bold in proclaiming the gospel of Jesus Christ! And guess what, his company is willing to erect boards at all the townships we identify. And there God put together a masterplan and we realised that the Judea Harvest Outreach in October/November is the perfect starting point for this! How great is our God! As if that is not enough, two groups of intercessors, Barbara from GDOP and Amanda from Canaan Ministries, made an appointment with us re: prayer for our beloved country. When their bus arrived, not only the T2G intercessors were there, but also Leon from Shalom Ministries and Gerda from Herald Ministries, as well as Peter Sekhonyane under whose leadership thousands of chilren in many, many churches, started praying and Linda Goboda from Vuka Africa Prayer Network. And in one day God connected 7 intercessory networks! How wonderful are His ways! There is without doubt an intensifying of God's presence over the country. Praise His Name! I almost sound Pentecostal today. Maybe, I am just Spirit thrilled! COMRADES Our athletes did wonderful at the Comrades! Congratulations to Roelene Uys, Pierre Hough, Mia Hough, Braam Bester, Nico Naude, Stephen Els, Andries Els, Wimpie van Reenen, Stuart McColl, Maranata McColl and Louis Fourie. Ons is so trots op julle en so dankbaar dat julle God se Naam grootmaak in sport! Het jy hulle gesien toe hulle met die T2G vlae inhardloop? Dit was op TV! Onthou om almal en alles waarmee jy in aanraking kom na God toe te draai! Tot ons weer gesels - God is met jou! Hy is in jou! Elza
Tags: Hits: 251 | Read more... |
Elza Meyer
|
| AAN DIE BRAND VIR GOD! |
| 2010.05.31 12:35:08 | |
|
ATLETE VIR GOD
Ons atlete is besig om gereed te maak vir die Comrades hierdie naweek. Ja, daar is 8 Turn2God atlete wat die Comrades gaan hardloop, waarvan die oudste alreeds 80 jaar oud is. Hy het alreeds 91 000 km onder sy voete sien verbygly. Roelene Uys is verantwoordelik vir die Turn2God Sport Klub. Atlete, fietsryers en swemmers neem deesdae aan maratons, wedstryde, ens. deel met T2G se klere, wat die sportwêreld oproep om na God toe te draai! Roelene het nou die dag die Ysterman suksesvol voltooi! Ons is so trots op julle! PINKSTERTYD Pinkster is so ‘n besonderse tyd. Dan fokus ons op nogeens op die wonderlike werk van die Heilige Gees. Hierdie jaar het ek heelwat tyd spandeer om die twee tekens wat gepaardgegaan het met die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2:1-4 te bestudeer. Die eerste teken was wind en die tweede teken was vuur. Ek was oorstelp toe ek agterkom dat die Hebreeus, Grieks en Aramees (die drie tale waarin die Bybel geskryf is) slegs 1 woord het vir Gees, wind en asem. Toe God se Gees dus in Genenis 1 oor die skepping gebroei het, was dit God wat sy asem oor sy skeppingswerk uitgeblaas het. Wel, as ‘n mens die Bybel bestudeer kom jy agter dat die vuur van God slegs neerkom op ‘n altaar. Ons lees slegs ‘n paar keer in die Bybel van God se vuur wat neergekom het. Die heel eerste keer was dit toe God se magtige teenwoordigheid die Tabernakel gevul het en Hy vuur uit die hemel op die altaar laat neerkom het, Lev. 9:24. Toe Elia die Israeliete wou oortuig van die waarheid dat daar net een ware God is, het hy gebid en nogeens het God vuur op die altaar laat kom, 1 Kon. 18. Nadat Salomo met die inwyding van die tempel in 1 Kron. 7:31 gebid het, het die magtige teenwoordigheid van God ook die tempel gevul en ‘n vuur uit die hemel het op die altaar geval. Dit blyk dus dat God slegs vuur op altare gee. Tags: Hits: 291 | Read more... |
Elza Meyer
|
| Boodskap Mei 2010 |
| 2010.05.03 13:41:30 | |
|
OORLOG! OORLOG! Hoe moet ons optree in tye van rasse spanning? In tye van haatspraak, geweld en dood gryp mense maklik na wapens. Sommige maak hul panga's skerp en ander maak hul gewere skoon en skiet hulle weer in. Sedert Jan van Riebeeck in 1652 hier aangekom het, het die Satan daarin geslaag om die stryd tussen
te omskep in ‘n rassestryd. Toe ons voorouers die evangelieboodskap na SA bring, het dit die potensiaal van ‘n geestelike ontploffing van lewe gehad. Die evangelie het in Suidelike Afrika aangekom! God het die redding van die nasies in gedagte gehad! Onmiddellik het die bose, die vader van die leuen, met sy leuens gekom en suspisie tussen swart-wit gebring. Toe die Voortrekkers later die Kaap verlaat en die binneland intrek, het hulle saam met hulle die lig van die evangelie gedra. Telkens was die mandaat dieselfde: om alle mense met wie hul in aanraking kom van God te vertel.
is die mandaat nogeens versluier en die leuen versterk, dat verskillende bevolkingsgroepe nie saam kan buig voor God nie. Hierdie situasie is nie uniek aan SA nie; daar is omtrent nie ‘n nasie in Afrika waar die verskillende bevolkingsgroepe nie opgestel is teenoor mekaar nie. Sodoende slaag die duiwel daarin om die mandaat wat God die gelowiges gee te verhinder, sodat ons nie sal fokus op die uitdra van die reddings boodskap nie, maar op selfverdediging, -realisering. ‘N GEESTELIKE OORLOG Ef. 6:10-13 Ten slotte: Vind krag in julle verhouding met die Here, ja in die krag van sý sterkte! Ja, in die krag van sy sterkte! Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se geveg toerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen bose hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes. Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan. Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Want ons stryd is nie teen mense nie, maar teen die bose hemelse regeerders en maghebbers, teen die geeste wat mag in hierdie donker wêreld uitoefen, teen die bose geeste in die hemelruimtes. Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied en na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan.
Die probleem wat ons vandag in die oë staar is nie ‘n rasseprobleem, maar ‘n geestelike probleem. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose magte in die lug. Voor elke oorlog, voor elke veldslag, voor elke moord, voor elke daad van misdaad en geweld is die Satan op soek na ‘n werktuig. Alles wat in die vlees dimensie gebeur, het ‘n oorsprong in die geesdimensie. Voor SA in ‘n posisie gekom het, waarin Malema gesing het: Kill the Boer! het die bose met vrees, suspisie en rassehaat ‘n omgewing geskep waarbinne hierdie lied kon grondvat. Geliefde, moenie onder die illusie verkeer dat hierdie ‘n eenvoudige stryd is nie. Elke babatjie wat gebore word en met ‘n bandjie om die arm aan die voorouers vasgebind word, se geestelike visie word versluier. Elke keer wanneer ‘n jongman en -meisie in puberteit met klei gesmeer word en ‘n bees of skaap geslag word en met bloed gesmeer word, of daar selfs bloed gedrink word, word daar ‘n sluier oor hul oë geplaas word en hulle aan die bose toegewy. Elke keer wanneer ons landsregering sangomas inroep, diere slag en bloed drink, word die land nogeens aan die bose vasgebind. Hoe lank sal ons nog verblind bly en bo-oor die misdaad, geweld en moorde leef? Ongeregtigheid in ons land het sodanig toegeneem dat daar 2 weke terug aangekondig is dat die Hooggeregshof met meer as 100 000 sake agter is en die streeks- en magistraatshowe bly nie agter nie. Mense word vermoor en die bloed roep na vergelding, soos Gen. 4:10 vir ons verduidelik en steeds sit ons saans op ons rusbanke en gaan bedags werk toe sonder om te verstaan dat ons in 'n geestelike oorlog gewikkel is, wat besig is om in die fisiese dimensie te manifesteer. Dit help nie ek en jy sê vir mekaar: Maar ons is nie besig om hierdie dinge te doen nie! As ons nie korporatief verstaan dat ons gesamentlik verantwoordelik is vir ons land en ons toekoms nie, kan ons nie kla as alles rondom ons uitmekaar val nie.
DIE KERK Nie alleen is die inwoners van ons land verblind nie, maar ook die kerk! Ons kyk, maar ons sien nie. Ons hoor, maar ons luister nie! Geliefde, gelowiges oor alle kerk grense heen is ons rustig besig om te dut, terwyl 'n kookpot van ongeregtigheid oorkook in ons land. Meer nog: terwyl die kerk in SA op sy knieë moet wees, is ons besig met
Die Liggaam van Christus is verskeurd en na binne gefokus! Die Bruid van Christus het 'n groot wond opgedoen en sy is besig om stadig maar seker dood te bloei.
PERSOONLIKE LEWENS Ons eie lewens lyk nie beter nie:
DIE OORSAAK VAN DIE PROBLEEM Om ons huidige situasie sinvol aan te spreek, moet ons twee begrippe van mekaar kan onderskei: In Engels praat ons van root en fruit. Fruit is altyd sigbaar in die fisiese dimensie en is sigbaar. Root lê egter in die geesdimensie en is onsigbaar.
In SA is
Die vrug van 'n onsigbare wortel.
EN in die Kerk is:
'n vrug van iets veel dieper. Om die vrug af te kap, gaan nie die probleem aanspreek nie. Die probleem lê veel dieper: die wortel van rassisme en 'n kragtelose kerk is:
wat spruit uit die werke van die Satan. Geliefde, waarmee ons te doen het, is die bose wat homself opgestel het teen God en ons probeer mislei om mekaar uit te wis, in plaas daarvan om hóm in Christus te oorwin! Dit wat ek en jy in die fisiese dimensie moet oorwin, het altyd sy oorsprong in die geesdimensie. Hoe tragies is dit wanneer die Liggaam van Christus oor en oor vashaak by slinkse planne van die duiwel! Wat in Suid-Afrika aan die gang is, is veel dieper as rassisme! Wat in Suid-Afrika aan die gang is, het 'n geestelike oorsprong. Nêrens in die wêreld vind jy 'n groepering van mense wat so oop is vir leiding vanuit die geestewêreld as juis die inwoners van Afrika nie. Daarom het sangomas soveel mag in die tipiese Afrika kultuur. En dwarsdeur die geskiedenis het die bose na agente gesoek om sy planne van pyn, vernietiging en dood uit te speel. Of dit nou Dingaan was in 1838 of Malema in 2010 - hy kan met niks nuut te voorskyn kom nie!
Indien ons weer die gebeure verkeerd interpreteer, gaan ons nogeens in dieselfde slaggate as ons voorouers val. As 'n mens die huidige rasse-spanning op sigwaarde beoordeel en daarop reageer, gaan ons die verskillende bevolkingsgroepe in ons land teen 'n mekaar opstel en onsself besig hou met gevegte, terwyl God vir ons herlewing wil gee! Dwarsoor ons land is daar 'n beweging van die Heilige Gees. Mense is besig om in hul posisie in Christus op te staan en vir God te begin leef! Satan is besig om sy houvas op ons land te verloor en hy is paniekerig.
Laat ons hierdie gebeure beoordeel vir wat dit werklik is - 'n geestelike aanslag om die volgelinge van Jesus Christus se aandag weg te lei van 'n intense soeke en verlange na God. Elke keer wanneer ons uit vrees gereageer het, het ons dom besluite geneem! Hebr. 6:1-2 Kom ons hou op om oor en oor te konsentreer op die basiese aspekte van Christenskap. Kom ons gaan eerder verder en word geestelik volwasse. Dit behoort tog seker nie nodig te wees om nog 'n keer die fondament te lê deur te praat oor die noodsaaklikheid dat ons ons van 'n heidense leefwyse moet bekeer en in God moet glo nie. Liewe gelowiges, dis vanjaar die 150e jaar sedert God herlewing gegee het in die tyd van Andrew Murray. Ons het nou die kans om reg te kies: nie teen mekaar nie, maar vir God! Geliefde, laat ons hierdie keer nogeens reg kies en hierdie gebeure beoordeel vir wat dit regtig is. Diegene wat tans moord skree, is die slagoffers van bloedoffers, gebind deur die bose. Hulle het nie 'n koeël nodig nie, maar gebed. Geweld gaan nie ons situasie omkeer nie, maar God! As die bose deur die eeue heen nie met 'n nuwe strategie te voorskyn kon kom nie, wag hier 'n geweldige verassing op hom. God se genade is elke dag nuut! God het 'n plan vir vandag - herlewing! Voor elke herlewing skryf historici van die absoluut goddelose optrede wat dit vooraf gegaan het. En iewers in daardie tye was daar boere wat hulle knieë gebuig het en saans in skure bymekaargekom het en gebid het. Daar was huisvroue wat hul dagtake voltooi het en by God gepleit het. Daar was mense van alle beroepe en agtergronde wat kon onderskei wat nodig was en begin bid het! Geliefdes, die antwoord is nie te vêr nie. Ons hoef nie teen 'n berg op te klim om dit te gaan soek nie; ons hoef nie oor die see te vaar om dit te gaan haal nie; dis binne-in ons! Vra die Heilige Gees om jou by te staan en jou versugtinge voor God te vertolk. Sluit aan by Jesus Christus, ons ewige Middelaar en Intersessor wat besig is om namens ons te pleit en bid dat God Sy Gees opnuut oor ons land sal uitstort! Bid, pleit, soek die Here! Vra Hom om met 'n magtige beweging van Sy Heilige Gees oor ons land te kom en heling, genesing en bevryding te bring. En die Afrika mens, wie se gees so oop is vir leiding vanuit die geestes dimensie sal God sien en na Hom toe draai! Ek pleit by jou - los alles wat nie nou prioriteit is nie! Weerstaan die werke van die bose! Soek God se aangesig!
En laat ons nie ophou voordat Hy uitkoms gegee het nie!
Help diegene wat vasgevang is in die mag van die bose om Jesus te bely as hulle Saligmaker en om te erken dat daar net een God, en een Gees, naamlik die Heilige Gees is! Doen dit en God sal ons vanjaar nog in hierdie land ontmoet met 'n ontwaking deur sy Gees!
Hebr. 13:20 Mag die God wat vrede gee, wat Jesus ons Here uit die dood teruggebring het - Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond ons groot Herder geword het - julle toerus met alles wat nodig is om sy wil uit te voer. Tags: Hits: 651 | Read more... |
Elza Meyer
|
| Calling all South Africans to pray |
| 2010.04.12 14:06:39 | |
|
AFRIKAANS ONDERAAN Endorsed by: Jericho Walls International Prayer Network, Global Day of Prayer, NIRSA, Shalom Trust/MMC2010, Turn2God, Unashamedly Ethical, HeartCry and New Heart.
______________________________________________
Onderskryf deur: Jerigo Mure Internationale Gebedsnetwerk, Global Day of Prayer, NIRSA, Shalom Trust/MMC2010, Turn2God, Unashamedly Ethical, HeartCry en Nuwe Hart. Tags: Hits: 798 | Read more... |
Elza Meyer
|
| A SUBURB CHANGED BY ONE MAN'S OBEDIENCE |
| 2010.04.07 14:16:34 | |
|
I trust that you had a wonderful Easter! How wonderful to experience the fulness of Christ and be redeemed by the risen Lord! Last week Willem van Rooyen phoned me with the testimony you are able to read here. It is really an inspiration! Ek was ook een van die mense wat ongelukkig was en is oor die misdaad en die toestand van ons land en buurt. Ek het al ‘n buurtwag gestig en die gemeenskap probeer motiveer, maar dit is net asof al ons menslike pogings futiel is, want die misdaad en inbrake het net hand oor hand toegeneem. Die ergste was, dat die mense ook net meer negatief geraak het en self ook meer aggressiewe manier van praat en doen geopenbaar het. In my eie stiltetyd het ek my hart teenoor die Here uitgestort en tot die besef gekom dat ons as mense alleen sal beslis nie hierdie oormag te bowe kom nie. Dit is toe dat die Turn2God-aksie duidelik by my opkom en ek glo die werking van die Gees het begin om my ‘n plan te gee. Ek het toe gewoon begin in die straat waarin ek bly en by elke huis ingegaan en by die mense gehoor of ons nie almal saam kan werk om te kyk of ons nie ‘n verskil kan maak nie! Ek het die straat in ses blokke opgedeel en elke blok het bestaan uit 4 huisgesinne. Ek het gevra of elkeen van die vier huisgesinne nie vir mekaar kan begin bid en vir mekaar verantwoordelikheid kan aanvaar nie. Hulle moes dan ook vir die res van die straat bid. Aanvanklik het sommige my baie vreemd aangekyk, maar aangesien ons almal besef die oormag van geweld en misdaad is te groot vir ons om te hanteer en God alleen is by magte om hierdie golf om te keer. Dit is wat die Turn2God-aksie mos ook sê. Ek het toe gevra of ek hierdie Turn2God-borde kan opsit en wonder bo wonder het ‘n oorweldige groep "JA" gesê. Ek het die inhoud van Bybeltekte op die borde aangebring en teen die heinings begin opsit en soos hulle in Engels sou sê die res is "His-story", want God het letterlik oorgeneem en die hele gesindheid in ons straat het begin verander. Predikante en totale vreemdelinge het nou al by my aangekom en my geluk gewens. Ander het kom vra of hulle ook van hierdie borde kan kry. Elke dag stop mense my en bedank my vir die getuienis wat uitgaan met hierdie projek, en mens kan duidelik sien dat God total oorgeneem het, want dit is nie ek nie, ek was maar gewoon gehoorsaam...ALLE EER AAN GOD! Tell everyone everywhere how to Turn2God! Be blessed! Elza Tags: Hits: 631 | Read more... |
Elza Meyer
|
| Elza's blog |
| 2010.03.24 11:32:38 | |
|
22 Maart by die Kaapstad Stadion was werklik 'n belewenis! 50 000 mense wat saam bid, God aanbid en kies om SA 'n plek te maak waar God regeer. Terwyl ek gister op Julius Malema se blog die haatspraak lees, besef ek dat baie mense in ons land nie daagliks bewustelik vrede en lewe in gedagte het nie. Ons kan baie maklik sommer maar net lewe en nie doelgerig werk aan 'n toekoms vir ons en ons kinders nie. Party mense raak slagoffers van hierdie mense en spandeer baie geld en energie om op te pak en elders 'n heenkome te vind. Het jy al daaraan gedink wat sal gebeur as ons almal kies vir 'n toekoms waar Jesus regeer en ons daagliks omring word met God se liefde. Hoekom gebruik ons nie ons energie om hande te vat en SA na God toe te draai nie? Lus vir die uitdaging? Laat hoor van jou!
Tags:
|
Elza Meyer
|
| Elza'a Blog |
| 2010.03.20 08:10:36 | |
|
T2G VAT HANDE 22 Maart kuier T2G by die Groenpunt Stadion, nou verander na Kaapstad Stadion, as mede-bedienaar by die Cape Town for Jesus Event. Daar is so baie mense in ons land in wie se harte die Here gewerk het om te verstaan hoe belangrik dit is om hande te vat en saam te werk om Jesus se Naam oor ons land te proklameer. En dis regtig vir my wonderlik dat daar nie meer so baie mure tussen mense en bedieninge bestaan nie. Dis vir my so 'n voorreg om saam met Graham Power en Global Day of Prayer en Unashemedly Ethical hierdie naweek te kan bedien. Nog medewerkers is Jerigo Mure met Bennie Mostert en Mighty Men met Angus Buchan. Almal se hart is daarop gerig om God te verheerlik en saam te werk aan die vestiging van Sy koninkryk in ons land! Saam met die voorbereidings vir die 6e Maart het daar ook belangrike nuwe vennote gekom. Die Dinsdag voor die Unie Gebou Byeenkoms het Michal Grobbelaar my aan 'n nuwe groepering van mense voorgestel. Tosin MaCauley (Streekskoordineerder van die Redeemed Christian Church of God in Suidelike Afrika), Linda Goboda van VUKA Prayer Network, Symon Kiriuki en Bulaji Anani. Hulle het presies dieselfde hart! Hulle wil graag SA na God sien draai! Hulle het die 6e Maart by die Uniegebou bygewoon. Hulle was vurige gebedsondersteuners. Intussen het ons verhouding uitgebrei. Hulle het T2G uitgenooi om met hulle saam te werk. Ons eerste openbare optrede sal die naweek van 2-5 April (Paasnaweek) wees, wanneer ons saam gaan bedien by Project 4320. 72 Uur van lof en aanbidding by die Johannesburg Stadion. Mense vanoor die hele land kom saam om dag en nag aan God lof en eer te bring en om Jesus se Naam oor ons land uit te sing. Hiermee nooi ek almal wat die T2G visie ondersteun en vurig meewerk om God in ons land vir mense te wys uit om by ons aan te sluit. Die program is nog nie finaal nie, maar ek gaan waarskynlik Saterdag, 3 April, om 12:00 bedien. Ek is ook baie opgewonde oor Soekie en T2GforKids! Dit spreek 'n baie pertinente behoefte aan en na 6 Maart het T2G uitnodigings van 'n sendingorganisasie en 'n groepering van skole gekry om by hul Kinderbediening betrokke te raak. Dis so 'n heerlike voorreg! Sterkte Soekie! Daar sal Maandag 'n direkte uitsending via TWR van die gebeure in die Kaap wees. Stay connected! T2G Groete
Tags: Hits: 699 | Read more... |
Elza Meyer
|
| 6 March 2010 - Union Buildings |
| 2010.03.15 13:47:05 | |
Some things are so exciting we can’t stop talking about them. Others are so awesome that we don’t have words to describe them. The Turn2God event at the Union Buildings was such an event. The Monday night I was praying about the fact that we hadn’t sold a lot of tickets. I was desperate and cried before God. Early the next morning I experienced that Jesus was speaking into my spirit, asking me the following question: Are you willing to host the event with all the speakers and the total worship team if only I come? Although it was a tough question to answer I knew I had to answer positive. And God drew the people from everywhere towards Him. I think the most amazing thing about the 6th of March was the wonderful way in which we were able to experience God’s presense. Important decisions were made: ![]()
Speakers like Bennie Mostert, Graham Power, Jackson Xhosa and Angus Buchan exhorted us to a deeper walk with God. Louis Brittz, Retief Burger, the Soweto Gospel Choir , the brass ensemble and many more lead us in wonderful worship. ![]() We had awesome moments when the ambassadors of the different countries entered with their flags with the Turn2God athletes and cyclists. We all experienced that their was a positive shift in the heavenlies when the white horse, lead by a pocice officer walked into the crowd with all the flag bearers behind him. God is good! This event was in some sense a prophetic action to bring a nation to its knees and to wait on God and His glory to fill our country. I admired the political leaders who stood their ground and admitted that we need to acknowledge the one and only true God. Thanks to Helen Zille, Pieter Mulder and other leaders of political parties. We appreciate you! Dearly beloved, check this site for the next Turn2God event. Don’t miss it! Tags:
|
Elza Meyer
|
| Boodskap - November 2009 |
| 2009.11.27 09:59:41 | |
|
BESOEK AAN ARMENIË Pastoor Khachik, die leier van die gemeente het ’n ware pastorshart en versorg die gemeente met God se liefde. Ons is ook met liefde, geskenke en kos oorlaai. Party aande moes ons by twee huise gaan eet om al die uitnodigings ingepas te kry. In Armenië mag niemand “nee” sê vir ’n ete-uitnodiging nie. Dis ’n belediging. Van alles was dit sekerlik vir my die wonderlikste om te sien hoe God werk, mense bevry en genees! Ons dien die enigste ware God! Tags: Hits: 1362 | Read more... |
Elza Meyer
|
| Boodskap - Oktober 2009 |
| 2009.10.08 09:55:11 | |
|
Bergsig Gemeente is die eerste SA Gemeente wat ’n volwaardige T2G Gemeente is. Ons besoek aan hulle was ’n fees! Om die leiers van ’n gemeente in eenheid voor God te sien staan en om hulle harte vir die gemeenskap te beleef, het my aan die hart gegryp! Bergsig, ons prys die Here vir julle! Tags: Hits: 2679 | Read more... |
Elza Meyer
|
| Boodskap - September 2009 |
| 2009.09.23 12:14:22 | |
|
TEKENS VAN DIE TYE
1. ISSASKAR SALWING
Koning Dawid was op vlug. Oral in Israel was individue besig om die tekens van die tye te onderskei. Hulle het agtergekom dat die Here se guns nie meer op Saul gerus het nie en ervaar dat hierdie jong man wat besig was om voor die koning uit te vlug dalk die persoon is, wat deur die Here gekies is vir ’n tyd soos daardie.
Uit die stam van Issaskar het daar 200 leiers met hulle families gekom om by Dawid aan te sluit, vgl. 1 Kron. 12:32. Hulle het die vermoë gehad om die tye te onderskei.
Ook in die tyd waarin ons vandag leef, het ons nodig om te onderskei wat die tekens wat tans voorkom, beteken. Ons leef nie net binne ons eie land nie, maar ook binne ’n kontinent en ’n globale wêreld. Ons moet ons geestelike oë en ore oophou soos hierdie 200 families om te onderskei waarmee die Here besig is. Waarmee Hy in die kleine besig is, is Hy ook in die grootte mee besig. As jy na die profete oor die hele wêreld heen luister en kyk wat in kerke oraloor gebeur, kan jy bepaal waarmee God tans besig is. Oral waar die Heilige Gees beweeg doen Hy dieselfde ding. Die vraag is, weet ek en jy waarmee die Heilige Gees besig is?
Dit help nie ons is deel van ’n organisme, organisasie, gemeente, dorp of stad se netwerk van gelowiges en ons werk ons hele lewe baie hard aan alles wat ons glo belangrik is, maar ons het nooit ingeval by dit wat vir God belangrik was en waarmee Hy Homself besig gehou het nie.
Ek het verlede maand verwys na fietswedrenne en die wonder van ’n slipstream. Niemand kan wen sonder ’n span wat ’n slipstream maak waarin jy die hele dag kan ry, sodat jy uitgerus is aan die einde van die dag wanneer al die ander ouens moeg is nie. Die totale opdrag van die span is: hou die persoon wat as leier aangewys is die heeldag in ’n slipstream, sodat hy net voor die einde van die wedren kan verby skiet en wen. Alhoewel dit vir almal lyk of hy gewen het, het die span eintlik gewen.
As ons verstaan wat vir die Here belangrik is, waarmee Hy tans besig is en waaraan Hy werk, sal ons in staat wees om in die slip-stream van die Heilige Gees te funksioneer. Ons sal kan sien hoe God voor ons uit beweeg. Ons sal beleef hoedat Hy goed doen wat ons nooit sou kon bereik nie. Hoe Hy die onmoontlike waar maak!
Mense wat die tekens van die tye kan lees, beweeg in die slipstream van die Heilige Gees. Hulle is in staat om te onderskei waarmee God besig is. Daar is ’n hele paar tekste waar Jesus op hierdie onderskeidingsvermoë sinspeel.
Tags:
|
Elza Meyer
|
| Boodskap Augustus 2009 |
| 2009.08.18 07:04:55 | |
|
Boodskap Augustus 2009
Tydens ‘n fietswedren soos die Tour de France, sal ‘n span heeldag lank vir die persoon wat aangewys is as hul beste ryer met hul liggame ‘n "slipstream" vorm sodat hy na 'n dag se ry uitgerus m.b.t. tot die ander ryers is. Dan kan hy aan die einde vorentoe skiet en die wedren namens sy span wen. ‘n Movement word gekenmerk deur die Drie-enige God voor ‘n mens uitbeweeg en jou toelaat om in Sy slipstream te ry. En wanneer jy dan namens Hom praat, bevestig Hy jou woorde deur wonders, tekens en nuwe lewe.
Elke beweging begin by ‘n ontmoeting met die lewende God. Elke keer wanneer jy en ek iets doen wat ewigheidswaarde het, het dit sy oorsprong gehad in ‘n ontmoeting met die Here. Wanneer Hy vir ons iets wys, oopmaak of deurbreek, is daar salwing. Dan hoor mense as ons praat, dan is daar vrug op ons dade en dan is daar vrede dat ons besig is om saam met God te werk. Tags: Hits: 2231 | Read more... |
Elza Meyer
|
| Kan 'n mens 'Turn2God' meet? |
| 2009.06.25 16:18:25 | |
|
'N TURN2GOD MEETINSTRUMENT Baie keer vra mense my: Hoe gaan julle bepaal wanneer 'n mens of 'n omgewing, 'n dorp of 'n land na God toe gedraai het? Hoe gaan julle dit meet? Ek glo nie 'n mens moet enigiets te ingewikkeld maak nie. Indien 'n mens dit sou doen, is almal naderhand besig om die definisie te bestudeer, in plaas van om eenvoudig in alles na God toe te draai. Maar, kom ons probeer om 'n redelike eenvoudige antwoord te verskaf.
HART, VERSTAND EN HAND Wanneer 'n mens na God toe draai, het dit implikasies vir jou totale menswees. Ons kan dit opsom in drie fasette van funksionering wat na God gedraai moet word: hart, verstand en hand. Die hart word gesien as die sentrum van ons geestelike funksionering. Ons vra mos vir ons kinders: Het jy al jou hartjie vir Jesus gegee? Daarmee verstaan ons almal dat dit nie soseer van die pomporgaan in ons borskas is, wat hier gepraat word nie, maar van ons geestelike en sielsfunksionering. Wanneer 'n mens na God gedraai leef, vra dit dat jy jouself sal oopstel vir God se wil in jou lewe. Jy moet ontvanklik wees vir sy wil en jou geestelike ore instel om na sy stem te luister. Jou hart behoort dus aan God, omdat Hy jou eerste liefde geword het! Jou hartsbegeertes vind altyd gestalte in wat jy dink. Dis hier waar jou verstand ter sprake kom. Ook ons gedagtes moet na God toe draai. Wie Hy is en wat Hy wil moet ons gedagtes omvorm, om meer en meer soos Jesus te word! Ons moet ons gedagtes gevange neem en aan Christus gelykvormig maak! Dan sal ons ook in ons optrede na God gedraai leef. Dan is ons nie meer mense wat slegs oor liefde praat nie; ons leef dit ook! Elkeen sal dan besef dat mooi woorde nie waarde het, as dit nie neerslag gevind het in 'n lewenswyse wat getuig van Jesus se teenwoordigheid in ons lewens nie! Ek lees nou die dag dat iemand skryf: Ons kan nie vir ander mense vertel dat ons God se liefde ken en nie met ons eie suster of broer praat nie. Nogal iets om oor na te dink! Wanneer ook jou hand na God gedraai het en jou optrede getuig van jou lewe in Christus, kan jy jouself beskou as 'n na God-gedraaide-mens! Tags:
|
Elza Meyer
|
| Boodskap - Junie 2009 |
| 2009.06.05 07:46:49 | |
|
Wanneer ‘n mens Paulus se briewe in die Nuwe Testament lees, word dit duidelik dat hierdie briewe geskrywe is om gelowiges op te lei en toe te rus. Paulus se briewe was beslis nie sommer net geselsies oor die nuus in sy kontrei nie. In die toekoms hoop ons om vir jou as leser wonderlike en opbouende veranderings aan te bring op ons webwerf, en een daarvan is die opdeel van die gebedsnuusbrief in twee dele: die gebedsbulletin en die nuusbrief. Die nuusbrief wil graag die pad loop wat Paulus se briewe destyds gestap het: dit kan uitgedruk, aangegee, rondgestuur, en uitgedeel word. Die ideaal is om gelowiges aan te moedig, op te lei, en toe te rus met alles wat nodig is om magtige bidders te word. Die gebedsbulletin is die nuusberig — hier deel ons met mekaar die wonderlike gebeurtenisse op die plekke waar God in Sy genade mense se harte aanraak. Die doel hiervan is eerstens om God te dank en aanbid vir Sy wonderlke dade, tweedens om mekaar te bemoedig en aan te moedig om aan te hou bid en selfs nog meer te bid, en derdens om aan mekaar te kommunikeer dat geloof en gebed werklik ‘n land kan omdraai na God. Tags:
|
| Transforming Kids |
| The KT2G Challenge |
| 2009.05.25 11:10:30 | |
|
2 Chronicles 7:14 “If my people who are called by My name will humble themselves, and pray and seek My face, and turn from their wicked ways, then I will hear from heaven, and will forgive their sin and heal their land” Hebrews 10:16 “This is the covenant that I will make with them after those days, says the Lord: I will put my laws into their hearts, and in their minds I will write them.” God is calling each and everyone in our land to turn back to Him. He also has a wonderful path planned for each of our children. He has wonderful plans for our children’s lives. He wants to use His Spirit to work through them to change our land. Become part of Gods army on earth. Each of us received the instruction to turn our children back to God. We must bring the children of Tags:
|
Elza Meyer
|
| Boodskap - Mei 2009 |
| 2009.05.08 12:52:13 | |
|
TURN2GOD STORIES ‘n Maand het verloop sedert die Daniël- en Esterkonferensies. Dit was ‘n opwindende tyd gevul met God se goedheid en die passievolle getuienis van baie Turn2God medewerkers. Direk na die Esterkonferensie het die CEO van ‘n groot vervaardigingsmaatskappy in Afrika, ‘n radikale besluit geneem. Sy het die Turn2God logo op hul briefhoofde en voertuie aangebring en daarmee aangedui dat hul maatskappy Bybelse waardes onderskryf en bereid is om posisie in te neem om ‘n land, selfs ‘n kontinent na God te help draai. Sy het die weg gebaan vir talle wat haar voorbeeld sou volg. ‘n Sakeman wat ‘n tender ingedien het by ‘n nasionale maatskappy het besef dat die Turn2God logo op sy briefhoof hom dalk ‘n geleentheid kan kos. Hy het nie besef dat die voorsitter van die maatskappy ‘n Moslem is nie. Groot was sy verbasing toe die persoon na die logo kyk en verklaar: “Dit is lankal nodig!” Tags:
|
Elza Meyer
|
| Boodskap - Maart 2009 |
| 2009.03.11 23:00:00 | |
|
ONTMOETINGS MET GOD Wanneer ‘n mens die Bybel lees, kom jy agter dat ontmoetings met God ‘n groot en belangrike rol speel. Wanneer ‘n mens met God ontmoet, verander jy. En omdat jy verander, het dit ‘n impak op jou omstandighede en op die mense rondom jou. Mense wat met God ontmoet het, word agente van verandering. Wanneer ‘n mens Abraham se storie lees, kom jy agter dat hy herhaaldelik met God ‘n ontmoeting gehad het. Voor of na elke groot gebeure in sy lewe het hy met God ontmoet. In Gen. 12 verskyn God in Ur aan Abram en gee hom opdrag om sy familie, sy geboorteplek en sy land te verlaat. In dieselfde hoofstuk verskyn Hy weer aan Abram. Abram is nou al 75 jaar oud en het intussen darem in Kanaän aangekom. Na die hongersnood in die land en sy verblyf in Egipte praat die Here nogeens met Abram in Gen. 13:14 en gee aan hom die opdrag om deur die land te reis sodat hy mooi kan sien hoe die land lyk wat God aan hom gee. Tags:
|













