Elza Meyer
|
| Boodskap - November 2009 |
| 2009.11.27 09:59:41 | |
|
BESOEK AAN ARMENIË Pastoor Khachik, die leier van die gemeente het ’n ware pastorshart en versorg die gemeente met God se liefde. Ons is ook met liefde, geskenke en kos oorlaai. Party aande moes ons by twee huise gaan eet om al die uitnodigings ingepas te kry. In Armenië mag niemand “nee” sê vir ’n ete-uitnodiging nie. Dis ’n belediging. Van alles was dit sekerlik vir my die wonderlikste om te sien hoe God werk, mense bevry en genees! Ons dien die enigste ware God! Tags: Hits: 736 | Read more... |
Elza Meyer
|
| Boodskap - Oktober 2009 |
| 2009.10.08 09:55:11 | |
|
Bergsig Gemeente is die eerste SA Gemeente wat ’n volwaardige T2G Gemeente is. Ons besoek aan hulle was ’n fees! Om die leiers van ’n gemeente in eenheid voor God te sien staan en om hulle harte vir die gemeenskap te beleef, het my aan die hart gegryp! Bergsig, ons prys die Here vir julle! Tags: Hits: 1562 | Read more... |
Elza Meyer
|
| Boodskap - September 2009 |
| 2009.09.23 12:14:22 | |
|
TEKENS VAN DIE TYE
1. ISSASKAR SALWING
Koning Dawid was op vlug. Oral in Israel was individue besig om die tekens van die tye te onderskei. Hulle het agtergekom dat die Here se guns nie meer op Saul gerus het nie en ervaar dat hierdie jong man wat besig was om voor die koning uit te vlug dalk die persoon is, wat deur die Here gekies is vir ’n tyd soos daardie.
Uit die stam van Issaskar het daar 200 leiers met hulle families gekom om by Dawid aan te sluit, vgl. 1 Kron. 12:32. Hulle het die vermoë gehad om die tye te onderskei.
Ook in die tyd waarin ons vandag leef, het ons nodig om te onderskei wat die tekens wat tans voorkom, beteken. Ons leef nie net binne ons eie land nie, maar ook binne ’n kontinent en ’n globale wêreld. Ons moet ons geestelike oë en ore oophou soos hierdie 200 families om te onderskei waarmee die Here besig is. Waarmee Hy in die kleine besig is, is Hy ook in die grootte mee besig. As jy na die profete oor die hele wêreld heen luister en kyk wat in kerke oraloor gebeur, kan jy bepaal waarmee God tans besig is. Oral waar die Heilige Gees beweeg doen Hy dieselfde ding. Die vraag is, weet ek en jy waarmee die Heilige Gees besig is?
Dit help nie ons is deel van ’n organisme, organisasie, gemeente, dorp of stad se netwerk van gelowiges en ons werk ons hele lewe baie hard aan alles wat ons glo belangrik is, maar ons het nooit ingeval by dit wat vir God belangrik was en waarmee Hy Homself besig gehou het nie.
Ek het verlede maand verwys na fietswedrenne en die wonder van ’n slipstream. Niemand kan wen sonder ’n span wat ’n slipstream maak waarin jy die hele dag kan ry, sodat jy uitgerus is aan die einde van die dag wanneer al die ander ouens moeg is nie. Die totale opdrag van die span is: hou die persoon wat as leier aangewys is die heeldag in ’n slipstream, sodat hy net voor die einde van die wedren kan verby skiet en wen. Alhoewel dit vir almal lyk of hy gewen het, het die span eintlik gewen.
As ons verstaan wat vir die Here belangrik is, waarmee Hy tans besig is en waaraan Hy werk, sal ons in staat wees om in die slip-stream van die Heilige Gees te funksioneer. Ons sal kan sien hoe God voor ons uit beweeg. Ons sal beleef hoedat Hy goed doen wat ons nooit sou kon bereik nie. Hoe Hy die onmoontlike waar maak!
Mense wat die tekens van die tye kan lees, beweeg in die slipstream van die Heilige Gees. Hulle is in staat om te onderskei waarmee God besig is. Daar is ’n hele paar tekste waar Jesus op hierdie onderskeidingsvermoë sinspeel.
Tags:
|
Elza Meyer
|
| Boodskap Augustus 2009 |
| 2009.08.18 07:04:55 | |
|
Boodskap Augustus 2009
Tydens ‘n fietswedren soos die Tour de France, sal ‘n span heeldag lank vir die persoon wat aangewys is as hul beste ryer met hul liggame ‘n "slipstream" vorm sodat hy na 'n dag se ry uitgerus m.b.t. tot die ander ryers is. Dan kan hy aan die einde vorentoe skiet en die wedren namens sy span wen. ‘n Movement word gekenmerk deur die Drie-enige God voor ‘n mens uitbeweeg en jou toelaat om in Sy slipstream te ry. En wanneer jy dan namens Hom praat, bevestig Hy jou woorde deur wonders, tekens en nuwe lewe.
Elke beweging begin by ‘n ontmoeting met die lewende God. Elke keer wanneer jy en ek iets doen wat ewigheidswaarde het, het dit sy oorsprong gehad in ‘n ontmoeting met die Here. Wanneer Hy vir ons iets wys, oopmaak of deurbreek, is daar salwing. Dan hoor mense as ons praat, dan is daar vrug op ons dade en dan is daar vrede dat ons besig is om saam met God te werk. Tags: Hits: 1481 | Read more... |
Elza Meyer
|
| Kan 'n mens 'Turn2God' meet? |
| 2009.06.25 16:18:25 | |
|
'N TURN2GOD MEETINSTRUMENT Baie keer vra mense my: Hoe gaan julle bepaal wanneer 'n mens of 'n omgewing, 'n dorp of 'n land na God toe gedraai het? Hoe gaan julle dit meet? Ek glo nie 'n mens moet enigiets te ingewikkeld maak nie. Indien 'n mens dit sou doen, is almal naderhand besig om die definisie te bestudeer, in plaas van om eenvoudig in alles na God toe te draai. Maar, kom ons probeer om 'n redelike eenvoudige antwoord te verskaf.
HART, VERSTAND EN HAND Wanneer 'n mens na God toe draai, het dit implikasies vir jou totale menswees. Ons kan dit opsom in drie fasette van funksionering wat na God gedraai moet word: hart, verstand en hand. Die hart word gesien as die sentrum van ons geestelike funksionering. Ons vra mos vir ons kinders: Het jy al jou hartjie vir Jesus gegee? Daarmee verstaan ons almal dat dit nie soseer van die pomporgaan in ons borskas is, wat hier gepraat word nie, maar van ons geestelike en sielsfunksionering. Wanneer 'n mens na God gedraai leef, vra dit dat jy jouself sal oopstel vir God se wil in jou lewe. Jy moet ontvanklik wees vir sy wil en jou geestelike ore instel om na sy stem te luister. Jou hart behoort dus aan God, omdat Hy jou eerste liefde geword het! Jou hartsbegeertes vind altyd gestalte in wat jy dink. Dis hier waar jou verstand ter sprake kom. Ook ons gedagtes moet na God toe draai. Wie Hy is en wat Hy wil moet ons gedagtes omvorm, om meer en meer soos Jesus te word! Ons moet ons gedagtes gevange neem en aan Christus gelykvormig maak! Dan sal ons ook in ons optrede na God gedraai leef. Dan is ons nie meer mense wat slegs oor liefde praat nie; ons leef dit ook! Elkeen sal dan besef dat mooi woorde nie waarde het, as dit nie neerslag gevind het in 'n lewenswyse wat getuig van Jesus se teenwoordigheid in ons lewens nie! Ek lees nou die dag dat iemand skryf: Ons kan nie vir ander mense vertel dat ons God se liefde ken en nie met ons eie suster of broer praat nie. Nogal iets om oor na te dink! Wanneer ook jou hand na God gedraai het en jou optrede getuig van jou lewe in Christus, kan jy jouself beskou as 'n na God-gedraaide-mens! Tags:
|
Elza Meyer
|
| Boodskap - Junie 2009 |
| 2009.06.05 07:46:49 | |
|
Wanneer ‘n mens Paulus se briewe in die Nuwe Testament lees, word dit duidelik dat hierdie briewe geskrywe is om gelowiges op te lei en toe te rus. Paulus se briewe was beslis nie sommer net geselsies oor die nuus in sy kontrei nie. In die toekoms hoop ons om vir jou as leser wonderlike en opbouende veranderings aan te bring op ons webwerf, en een daarvan is die opdeel van die gebedsnuusbrief in twee dele: die gebedsbulletin en die nuusbrief. Die nuusbrief wil graag die pad loop wat Paulus se briewe destyds gestap het: dit kan uitgedruk, aangegee, rondgestuur, en uitgedeel word. Die ideaal is om gelowiges aan te moedig, op te lei, en toe te rus met alles wat nodig is om magtige bidders te word. Die gebedsbulletin is die nuusberig — hier deel ons met mekaar die wonderlike gebeurtenisse op die plekke waar God in Sy genade mense se harte aanraak. Die doel hiervan is eerstens om God te dank en aanbid vir Sy wonderlke dade, tweedens om mekaar te bemoedig en aan te moedig om aan te hou bid en selfs nog meer te bid, en derdens om aan mekaar te kommunikeer dat geloof en gebed werklik ‘n land kan omdraai na God. Tags:
|
| Transforming Kids |
| The KT2G Challenge |
| 2009.05.25 11:10:30 | |
|
2 Chronicles 7:14 “If my people who are called by My name will humble themselves, and pray and seek My face, and turn from their wicked ways, then I will hear from heaven, and will forgive their sin and heal their land” Hebrews 10:16 “This is the covenant that I will make with them after those days, says the Lord: I will put my laws into their hearts, and in their minds I will write them.” God is calling each and everyone in our land to turn back to Him. He also has a wonderful path planned for each of our children. He has wonderful plans for our children’s lives. He wants to use His Spirit to work through them to change our land. Become part of Gods army on earth. Each of us received the instruction to turn our children back to God. We must bring the children of Tags:
|
Elza Meyer
|
| Boodskap - Mei 2009 |
| 2009.05.08 12:52:13 | |
|
TURN2GOD STORIES ‘n Maand het verloop sedert die Daniël- en Esterkonferensies. Dit was ‘n opwindende tyd gevul met God se goedheid en die passievolle getuienis van baie Turn2God medewerkers. Direk na die Esterkonferensie het die CEO van ‘n groot vervaardigingsmaatskappy in Afrika, ‘n radikale besluit geneem. Sy het die Turn2God logo op hul briefhoofde en voertuie aangebring en daarmee aangedui dat hul maatskappy Bybelse waardes onderskryf en bereid is om posisie in te neem om ‘n land, selfs ‘n kontinent na God te help draai. Sy het die weg gebaan vir talle wat haar voorbeeld sou volg. ‘n Sakeman wat ‘n tender ingedien het by ‘n nasionale maatskappy het besef dat die Turn2God logo op sy briefhoof hom dalk ‘n geleentheid kan kos. Hy het nie besef dat die voorsitter van die maatskappy ‘n Moslem is nie. Groot was sy verbasing toe die persoon na die logo kyk en verklaar: “Dit is lankal nodig!” Tags:
|
Elza Meyer
|
| Boodskap - Maart 2009 |
| 2009.03.11 23:00:00 | |
|
ONTMOETINGS MET GOD Wanneer ‘n mens die Bybel lees, kom jy agter dat ontmoetings met God ‘n groot en belangrike rol speel. Wanneer ‘n mens met God ontmoet, verander jy. En omdat jy verander, het dit ‘n impak op jou omstandighede en op die mense rondom jou. Mense wat met God ontmoet het, word agente van verandering. Wanneer ‘n mens Abraham se storie lees, kom jy agter dat hy herhaaldelik met God ‘n ontmoeting gehad het. Voor of na elke groot gebeure in sy lewe het hy met God ontmoet. In Gen. 12 verskyn God in Ur aan Abram en gee hom opdrag om sy familie, sy geboorteplek en sy land te verlaat. In dieselfde hoofstuk verskyn Hy weer aan Abram. Abram is nou al 75 jaar oud en het intussen darem in Kanaän aangekom. Na die hongersnood in die land en sy verblyf in Egipte praat die Here nogeens met Abram in Gen. 13:14 en gee aan hom die opdrag om deur die land te reis sodat hy mooi kan sien hoe die land lyk wat God aan hom gee. Tags:
|









