Donations

Make your transfer via Internet Banking or Cash deposit into the following account:

Standard Bank
Castle Walk Branch
Branch code 014645
Account 241308984

T2G 4 Kids

t2g4k200

t2g4k soekie_profiel1Soekie Krog, bekend as Soekie van die Radikids, is tans die koördineerder/sameroeper van die kinder-afdeling van die Draai terug na God-beweging in Suid Afrika.

Teikengroep: Voor skool en laerskool.

( 0-12 jaar oud. )

Luister die 'kids draai terug' liedjie, kliek hier onder

About T2G 4 Kids
Voorlees Stories: Week 1 PDF Print E-mail

T2G Kids

Nuut: kinder-inter-aksie! Voorlesstorie!

By die kids afdeling begin ons met ’n reeks oor gebed. Lees dit vir jou kind voor as hy nie self kan lees nie, doen die aktiwiteit en laat weet asb. as jy iets nie verstaan nie. Soekie

Week 1: 5-10 Junie 2010

Trieng, TRIENG!

Haai, het al ’n selfoon? Of ’n telefoon by julle huis?

Het jy gedink hoe koel dit is om iemand se stem te hoor sonder dat jy hom eers sien?

En dan weet jy presies wie dit is wat praat, want jy ken sy stem.

Dis presies so met God: ek kan met hom praat en hoor as HY met my praat, al kan hom nie met my gewone oë sien en ore hoor nie...ek hoor hom in my hart (gees).

God noem mense ‘gelukkig’(salig) wat in Hom glo, al sien hulle hom nie.

Joh 20:29 ... salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.

God sê ons is soos skape wat na ’n skaapwagter luister...soos jou hondjie kom as jy hom roep, want hy ken jou stem.

Joh 10:27 My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Die GESPREK tussen my en God, word GEBED genoem. Dis so belangrik soos die asem wat jy elke dag inasem, veral as jy reeds vir Jesus ken.

As die gesprek soos ’n telefoon-oproep is, kan jy raai wat is die hemelse telefoonnommer? 333! In Jer 33:3 sê die Here: ‘Roep my aan en ek sal jou antwoord’.

Doen-goed:

1. Wat is die telefoonnommer om met God te praat? hoekom?

2. Lees in 1Sam 3:1-10 hoe ’n klein seuntjie geleer het om God se stem te hoor. Of lees die aangehegde verhaal onder Storie 1.

3. Teken vir my ’n selfoon en stuur dit per e-pos, dan kan jy ’n prys wen.

4. Praat met die Here ( jy kan speel-speel op ’n foon praat) oor enige iets en luister met jou hart.

5. Vertel ’n storie hoe God jou gebed geantwoord het, met ’n foto van jou, dan kan ons dit op die web sit.

Volgende week leer ek jou : hoe lyk gebed?

Cheers vir eers!

Soekie

Afrikaans: Storie 1: Samuel: die Seun wat geleer het om God se stem te hoor. 1 Sam 3:1-10

Samuel was ’n baie spesiale seun. Sy mamma kon nie kinders kry nie en toe het sy baie gebid en God het haar ’n seuntjie gegee. Hanna, sy ma, het belowe dat Hy vir die Here sal werk in die tempel sy hele lewe lank. Toe hy nog baie klein was, het sy hom na die tempel toe gevat om daar te leer by priester Eli. Hy het allerhande werkies gedoen: Hy kon die priester, Eli help wat al oud was en nie meer mooi kon sien nie: skoon maak, die lampe vol olie maak en gou-gou het hy al hoe meer geleer.

Een nag, terwyl hy in die tempel slaap, het hy gehoor hoe iemand hom roep: Samuel, Samuel. Hy het dadelik opgestaan en gaan hoor hoekom priester Eli hom roep. Die priester het gesê dat hy nie geroep het nie. ’n Tweede keer hoor hy die harde stem: Samuel, Samuel... Daar is niemand anders in die tempel nie, so dit moet Eli wees. Nee, gaan slaap maar, dis nie ek wat jou geroep het nie, antwoord Eli hom weer.

Toe dit die derde keer gebeur, het Eli besef dat dit God se stem moet wees wat Samuel hoor.

As jy nou weer die stem hoor, sê hy, moet jy weet dit is God wat met jou praat.

Die priester sê toe: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, HERE, want u kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê.

1Sa 3:10 Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.

1Sa 3:11 Toe het die HERE aan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan ‘n ding doen in Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.

Noudat Samuel weet hoe God se stem klink, kon hy mooi luister.

Die Here het baie duidelik vir Samuel vertel oor dinge wat nog moet gebeur: hy het hom vertel wat met Eli en sy twee seuns gaan gebeur en nog dinge van die land en volk waar hy woon.

Al was hy ’n seun, kon Samuel mooi leer om God se stem te hoor.

God praat met mense op verskillende maniere. Samuel kon hom in ’n harde stem hoor. Ander kere praat God met mense deur die Bybel, deur gesigte en drome en prente in jou kop of gedagtes. Ons almal moet leer hoe klink God se stem.

Weet jy al wanneer God met jou praat? Miskien, as jy stil word en Hom vra, sal Hy met jou praat. Miskien praat Hy al lankal met jou in ’n stil sagte stem, maar jy het nie geweet dit is Sy manier om met jou te praat nie.

Al klink dit vir jou vreemd in die begin, sal jy gou-gou leer hoe God met jou praat. Ek bid dat jy God se stem sal leer ken, soos Samuel en elke keer sal sê:

Praat maar, Here, ek luister graag wat U wil sê. God soek vandag kinders wat bereid is om te leer om na Sy stem te luister. Wat van jou? Wil jy Hom ook hoor?

Wanneer jy weer alleen is, maak jou oë toe en vra God om met jou te praat. Hoe meer jy na Hom luister, hoe duideliker sal jy Sy stem kan hoor.

English: Story 1:Samuel: The boy who had to learn to hear God’s voice. 1 Sam 3:1-10

Samuel was a very special boy. At first his mother couldn’t have children and then she prayed to God and He gave her a son. Hanna, his mother, promised that if God would give her a son, she would bring him back to the temple and he would serve God there all the days of his live. When he was still very small, she brought him to the temple to start working there with the priest Eli. He could help him with a lot of little errands. The priest was very old and could not see very well anymore, so Samuel helped him with cleaning the temple, filling the lamps with oil and soon he started to learn a lot more.

One night, while he was asleep in the temple, he heard someone calling him: Samuel, Samuel. He immediately got up and went to Eli to hear why he called him. Eli told him it wasn’t him calling him. A second time hê heard the loud voice calling: Samuel, Samuel.... There was no one else in the temple so it had to be Eli. Hê got up and again Eli said: no it is not me go back to bed.

When it happened the third time, Eli released that it could have been God’s voice speaking to Samuel and then he said to him: If you hear this voice again, then you must answer, because it is God talking to you. Go and lie down and when you hear the voice you must answer: ‘Speak Lord your servant hears.’ Then Samuel went back to bed.

Then God came and called him again for a fourth time like the previous times: Samuel, Samuel... This time Samuel recognized the voice as being the voice of God and he answered: ‘Speak Lord for your servant hears.’ God answered him and said: look Samuel, I’m going to do a thing in Israel.

Now that Samuel knows what God’s voice sounds like, he could listen clearly.

God told him many things. God told him about things that that had not happened yet. He told him about what was going to happen to Eli and his two sons, He told him of things to happen in his land and with his people where he lived.

Even though Samuel was a young boy, he learned to hear Gods voice clearly.

God still speaks to people. Hê speaks to people in many different ways. Samuel could hear Him in a loud voice. Sometimes God speaks to us through the Bible, sometimes through visions and dreams, pictures and ideas in our head or our thought. All of us must learn what God’s voice sounds like.

Do you know when God speaks to you? Maybe when you get quiet and ask Him, He will talk to you. Maybe He has been talking to you for a long time in a very still, small, soft voice, but you did not know it was His voice. You did not know it was His way of talking to you.

Even though it might sound strange in the beginning, you will soon learn what it sounds like when God speaks to you. I pray that God will teach you to hear His voice just like Samuel, and every time say: Lord you can speak because I am your servant and I will gladly do what you say.

Still today God is looking for children who are prepared to listen to His voice. What about you? Do you want to hear Him? When you are alone again, just close your eyes and ask God to talk to you. The more you listen to Him, the more clearly you will be able to distinguish His voice.

 
t2g4k_content medium
 
Soekie se storie PDF Print E-mail
Op 1 Sept. 2009 maak ek ’n afspraak met Elza Meyer, vir watter rede? Ek weet nie regtig nie, maar ek weet ek moet haar gaan sien. Elza nooi my in en vra of ek sal belang stel om die kinder-afdeling van Turn To God te koördineer. Skielik verstaan ek soveel van God se beloftes. Die vorige twee weke het ek ’n ‘life celebration’ gehou waarin ek klomp skole besoek het en verklaar dat Christus gekom het om lewe en lewe in oorvloed te gee. Twee dae later (3 Sept)‘vier’ ek die dood van my eerste baba 29 jaar tevore en in plaas van treur, is daar nuwe hoop in my hart gebore. Hoop dat God aan ons nasies sal gee as ons erfdeel, die eindes van die aarde as besitting. (Ps.2).

In Amerika, op de 14 de September bid ek oor my betrokkenheid by Turn to God. Ek vra God om dit vir my duidelik te wys. Sag 1: 3 in my Engelse Bybel , laat my stom: 
  • Zec 1:3  And you say to them, So says Jehovah of Hosts: Turn to Me, says Jehovah of Hosts, and I will turn to you, says Jehovah of Hosts.
  • Sag 1:3  So moet jy dan aan hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Keer terug na My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare.

Ek twyfel nie meer dat ek volmondig betrokke moet wees by hierdie beweging nie,  en weet al die jare se voorbereiding was juis vir ’n tyd soos hierdie.

Toe ek tien jaar oud was, het ek Jesus aangeneem. Ek onthou nog die dag en die plek. Op dieselfde oomblik het ek ‘gevoel’ dat God sy hand op my sit en my afsonder vir kinderwerk.
Ek het na skool twee jaar Bybelskool-opleiding ontvang en die kinder-uitreike die meeste geniet.

In 1994 ( met die verkiesing van die Nuwe RSA) word my eerste CD saam met die RADIKIDS vrygestel en is ek voltyds in kinder bediening. Ons besoek skole, kerke, regoor die land en eers na ongeveer tien jaar, agt CD’s verder, tree ek nie meer met ’n kindergroep op nie.

God se duidelike, direkte opdrag aan my  in 1997-99 was: TEACH THE CHILDREN TO USE THEIR WEAPONS. Ek kry ’n visioen en profetiese woord wat presies dieselfde is: ek ry op ’n perd en voer ’n leërmag van kinders aan: almal gereed vir die oorlog. Kort daarna kry ek ’n droom waar kinders help om ’n verwoeste stad uit ’n puinhoop te herstel.  Ek bewaar alles in my hart en weet dat God nie sal lieg nie.

Verlede jaar kom bevestig die Here aan my watter wapens die kinders nodig het en maak my bewus dat Hy besig is om duisende kinders op te rig as voorlopers vir die eindtyd. Ek moet wapens/tools verskaf aan mense  wat besig is om die oes in te samel en ek moet mense in kinder bediening ondersteun en  met mekaar verbind.

Daar is ’n verwagting in my hart dat hierdie beweging die voertuig gaan wees waarmee mense met mekaar gaan hande vat om duisende kinders na God te bring en kinders te mobiliseer om self ’n verkil in hulle huise en omgewing te maak.  Mag dit so wees.
 
<< Start < Prev 1 2 Next > End >>

Page 1 of 2
WedoWebsitesLOGO-160x40