Gebed 365 vir Suid-Afrika
Ons is opgewonde om saam met Kruiskyk deel te hê aan ‘n landswye Gebedsprojek naamlik Gebed 365. Dis ‘n uitstekende geleentheid, ‘n initiatief waardeur ons Suid-Afrika wil oproep om ook deel te hê aan gebed vir ons land, soos nog nooit tevore nie.
In Jes 56:7 sê God dat Sy huis ‘n huis van gebed sal wees vir alle nasies. Ek kan in my geestesoog sien hoedat Suid-Afrika verrys as gebedshuis vir alle nasies.
Dis ons hart dat SA nog meer ‘n biddende land sal word. Hiermee word alle Suid-Afrikaners opgeroep om 15 min per week saam te bid vir Suid-Afrika. Gebed 365 kan ook as ‘n mondstuk gebruik word om die profetiese woorde wat van nasionale intersessors afkomstig is saam te stel en dan via Kruiskyk te beeldsend.
Gebed 365 wil hiermee vir u en u bediening uitnooi om in eenheid die land te kom toevou met gebed deur elke dag te bid vir SA!
Gebed 365
Kontak Janti Schmidt 0825005362


T2G Web Team

Reader Comments