connecT2God - Apr 2012
EASTER
Beloved Turn2God Co-labourer in God’s Kingdom
We are in a season of reflection on Jesus’ passion for us. While Christians celebrate the cross, the empty grave and awaiting Jesus’ ascension, we need to realise that God intended for us to gain godly authority by means of absolute surrender to His will. Every difficult situation you handle without submitting to your personal preferences, staying focused on God’s principles, will work towards a greater and deeper authority in and through Christ. What looks like pain, suffering and defeat will have the opposite outcome IF you choose to obey the voice of the Holy Spirit. Many times we either fight through difficulties or submit to a victim mentality. Jesus showed us the way: seek the will of God in your challenging circumstances; don’t allow despair to rob you of the truth that your Heavenly Father is not absent in your pain! Stay focused on God. Seek Him and you will not only overcome, but become a stronger co-laborer of God’s authority on earth!
These truths absolutely blew my mind! We are now in a process to complete an Afrikaans DVD called: Wow Jesus! which contains a number of teachings on the riches we receive when we trade in our lives for God’s gifts through our Lord, Jesus Christ. Order your copy today from: adri@turn2god.co.za
ISRAEL
Ons het ’n wonderlike toer na Israel gehad en soveel vreugde saam beleef. Elke besoek aan ’n volgende plek en besienswaardigheid was gevul met nuwe openbarings. Ons toergids, Tsuriel, was ook ’n geweldige groot seën vir ons klomp Suid-Afrikaners. As ons ooit weer in die toekoms so ’n toer aanbied, moet jy asb. saamgaan!
Tydens ons Turn2God Ester Konferensie in Bethal het ek ’n baie duidelike belewenis gehad dat God regtig veel meer doen as wat ons ooit kan verdien. Die Here het diep in vroue se harte gewerk en ’n geweldige verskuiwing in ons almal teweeggebring. Elkeen wie se lewe deur die Here aangeraak is, weet: HY HET DIT ALLES GEDOEN! Al die eer kom Hom toe!
TURN2GOD ESTER KONFERENSIE IN DIE STAATSTEATER
Daar is nog ongeveer 1000 kaartjies beskikbaar vir ons spesiale Ester Konferensie saam met Joe Niemand en Lindi Victor in die Musiekblyspel, wat op 9 Augustus in die Staatsteater aangebied word. Die konferensie strek van 9:00 tot 15:00 en word opgevolg deur die Musiekblyspel. Ons verskaf die verversings en middagete. Daar is ’n diep afhanklike verwagting van die Here in my oor hierdie dag. Mag die Here dit wat Hy in Bethal vir ons gewys en gedoen het, op 9 Augustus dieper neem. Dis een van die min Esters waar vroue hul mans kan saambring. Dis nou letterlik op versoek van vroue wat eenvoudig verklaar het: “Ek bring my man saam!” Ons sal die dag so inrig dat dit albei geslagte kan seën!
Meimaand is om die draai! Jy hoor binnekort weer van my!
Onthou om almal met wie jy in aanraking kom na die Here toe te draai!
Turn2God groete
Elza


T2G Web Team


