Februarie boodskap
Liewe Turn2God vriend
Daar is so baie in ons harte en die jaar met al sy uitdagings is ’n heerlike oop boek, waarin ons deur die Here se genade en opstandingskrag kan skryf.
Desembervakansies is altyd in my persoonlike lewe die kulminasie van ’n tyd van soeke en wag op God vir leiding rakende die nuwe jaar. Die nuwe jaar het ’n klaarheid in my gebring dat 2012 ’n jaar van doen gaan wees. Dit was werklik opwindend toe ek die eerste maal met die T2G intersessors ontmoet en agterkom dat die Here dit op hulle harte ook gelê het. Daarom wil ek graag ’n paar doelwitte wat die Here op ons harte gelê het met julle deel. Die wonderlike nuus is dat hierdie doelwitte slegs sal kan realiseer as die Here dit vir en deur ons doen dit.
’n Groot doelwit in my hart is dat voordat ons met vakansie gaan in Desember hierdie jaar, julle saam met ons op die grond sal staan waar ons eerste Tebelo Village gaan ontwikkel. Dit sal die kulminasie wees van ’n proses wat alreeds in 2009 begin het, toe die Here gesê het: Mother them! Hierdie loodsprojek wil uiteindelik meewerk met LIV, Vastfontein, Mabopane, en vele ander om die meer as 2 miljoen wesies in ons land op te voed, toe te rus en te bemagtig om Suid-Afrika vanuit ʼn lewende verhouding met God, ʼn plek van seën, vrede en voorspoed te maak.
’n Ander doelwit is om in Maart 2013 ’n Nasionale Vroue Konferensie te hou, waartydens ons fokus op vroue van alle bevolkingsgroepe. Vir dié doel is noue samewerking nodig met vroue uit die swart-, bruin- en Indiër gemeenskap. Inisiële gesprekke word nou gereël. Bid asb. hiervoor.
Kuier gerus saam met ons op faceboek by Turn2God; SA DRAAI TERUG NA GOD. Ons het ook DVD’s beskikbaar wat ideaal is vir kleingroepe: Glo en sien; ID; God praat. Hierdie DVD’s bevat ongeveer ʼn kwartaal se 20 min. boodskappies met bygaande boekies vir Skrifverwysings. Bestel gerus by Adri adri@turn2god.co.za


T2G Web Team

Reader Comments