Facebook Feed
Books & Resources

We will soon be adding links to resources and books in this section.

Donate
« VERSTERKING VAN GEBEDSALTAAR BY UNIEGEBOUE 5 JANUARIE 2012: 18H00 | Main | Chain of Prayer: 16 December 2012 »
Tuesday
Dec202011

Prayer feedback - Mafadi

To our English speaking readers - the feedback is in Afrikaans, but feel free to contact me if you want it translated.

Mandaat

Ons mandaat was om na die hoogste piek in Suid Afrika (Mafadi piek 3450m bo seevlak) te gaan.  Daar sou ons bid en intree vir ons land en vir die mense van Suid Afrika om terug te draai na God.

Ek glo God het vir ons Josua 1:3 gegee:  “Soos Ek vir Moses gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom”.  Dit beteken ons moes gaan! Tydens die geestelike voorbereiding het ons ook ervaar dat God ons roep om in ‘n nader en meer intieme verhouding met Hom te leef.  

Van die skrif wat ons in hierdie tyd gekry het was Sag 4:6 Toe sê hy vir my: “Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”
Ook Zech 4:7  "For who are you, O great mountain (of human obstacles)?  Before Zerubbabel (who with Joshua had led the return of the exiles from Babylon and was undertaking the rebuilding of the temple, before him) you shall become a plain (a mere molehill)!  And he shall bring forth the finishing gable stone (of the new temple) with loud shoutings of the people, crying, Grace, grace to it!" Serrubabel het saam met Joshua die Israeliete uit gevangenisskap gelei en terug gebring Israel toe.  Voordat hul die regerings- en administratiewe geboue opgerig het, het hulle eers die tempel (aanbidding) herstel!  Dit was vir my duidelik dat ons dit moes verteenwoordig met die stap op Mafadi toe, om aanbidding in gees en waarheid in die land te herstel en eerste te stel voor enigiets anders.

Die datum wat ons gekies het vir die stap stem ooreen met die tyd waarin Serrubabel begin het met die herstel van die tempel.  Op die Joodse kalender was dit tydens die tyd van Nitsavim (sien insetsel *aan einde van hierdie artikel).  Gedurende hierdie tyd van die jaar fokus die Jode in die skrif op Deut 29:10-30:20 en Jes 61:10-63:9. Hierdie is ook die tyd waarin die son oor die ewenaar na die suidelike halfrond beweeg en lente aankondig, ‘n teken van nuwe lewe.  Dit het ook oor dieselfde tyd geval waarin die ANC in Polokwane vergader oor interne sake.

In Gen 38:29 "But he drew back his hand, and behold, his brother was born first.  And she said, What a breaking forth you have made for yourself!  Therefore his name was called Perez (breaking forth) was ‘n belofte dat God vir ons ‘n deurbraak gaan gee.  Ons het dit ervaar op persoonlike/individuele vlak asook vir SA in die geestesrealm.

Ons was ook daaraan herhinner dat die berg ‘n plek is waar offers gebring was (byvoorbeeld Abraham moes vir Isak op die berg gaan offer).  So het ons geleer dat as ons nader aan God in verhouding wil leef, sou dit behels dat ons aspekte van onsself en van daardie dinge in ons lewens wat ons bo God stel, moet neerlê.

Tydens die voorbereiding  het ons ook meer bewus geword dat God wil hê dat ons heilig en toegewyd aan Hom moet wees.  Dit beteken dat ons moet lewe volgens die manier wat God van ons wil hê.  Skrif wat hiermee verband hou is Ps 24:3-4 “Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in Sy heiligdom gaan staan?  Die een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie”.

Die stap

Ons basis kamp was die Injisuthi Kamp in die Giant’s Castle-Injisuthi area van die Drakensberge.  Hier het ‘n groepie intersessors gebly wat regtig min geslaap en baie gebid het tydens die stap.  Ons was gereeld baie dankbaar vir hulle en het ervaar hoe hulle gehelp het om die “las” te dra.  Hulle het later getuig dat hierdie vir hulle ‘n baie spesiale tyd saam met God was. Hulle het gebid vir ons land en ons mense asook vir ons veiligheid en beskerming op die berg.  Daar was ook bidders wat by hulle huise gebid het vir die land en die aksie op na Mafadi.  Getuienisse ontvang, het getuig dat ons een was in Gees deur God se genade!  Ek glo dit is essensieel vir ons as die liggaam van Christus in hierdie tyd om in eenheid te wees.

In my hart het ek oortuig gevoel om ‘n bannier met God se name saam te dra teen die berg op. Ons lees in Ps 60:3-4  “You have have made Your people suffer hard things; You have given us to drink wine that makes us reel and be dazed.  (But now) You have set up a banner for those who fear and worshipfully revere You (to which they may flee from the bow)_, a standard displayed because of the truth”. God se Naam is oor ons!  Dit is ons veilige plek.  Voor Sy naam moet elke knieg buig en tong erken dat Hy die Here is! Jes 62:10  “Go throught, go through the gates!  Prepare the way for the people; Build up, build up the highway! Take out the stones, lift up a banner for the peoples!”

Ten spyte van die feit dat twee van die klimmers by basis kamp gebly het weens gesondheidsredes, het ons die eerste dag van die stap weggespring vol vreugde en afwagting! Giants Castle was ons begin punt en ons skrif waarmee ons die stap begin het was 1 Sam 17:45-46  “Jy kom na my toe met ‘n dolk en ‘n spies en ‘n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.  Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap  Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvoëls en vir die wilde diere gee, sodat die hele wereld kan besef dat Israel ‘n God het.”  Ons bid teen die reuse in SA, bv.seksuele misdade, alkohol and dwelm misbruik en ontrouheid en vra dat God dit met reinheid, vryheid en getrouheid aan Hom sal vervang. Die eerste dag het redelik glad verloop ten spyte van effense reën en mistigheid.  Ons het darem droog geslaap in die Bannerman’s Hut.

Die oggend van die tweede dag, voor ons die klim teen Bannerman's pas uit het ek begin het ek almal se “voete gewas”.  Dit was simbolies dat ons reeds deur God gereinig is en dat ons slegs nodig gehad het om nog ons voete te was.  Die dag was dit steeds baie bewolk maar die reën het opgehou toe die 1000m vertikale klim voor ons gelê het.  Ons het deur dik mis begin klim en kon min van ons omgewing sien en ons kon glad nie die bo-kant van die pas sien nie.  Die mis het my laat dink aan die wolk oor berg Sinai toe Moses opgegaan het in God se teenwoordigheid in.  Tydens die klim teen die pas uit het Louis op ‘n punt die shofar geblaas in profetiese aksie en verklaar: “All the nations shall come to the mountain and hear the voice of the Lord and will find peace and rest.”  Ons het ook teen die pas op die eerste sneeu gekry!  

Dit was vermoeiend om aan te hou en aan te hou met klim met geen aanduiding van hoe ver ons gevorder het nie. Dit het na ‘n lang stryd gevoel om deur die mis te klim tot ons uiteindelik die bokant van die pas behaal het waar ons deur die wolke gebreek het na waar die son skyn! Die vordering was stadiger as wat beplan was en nadat ons teen die pas uit is het ons steeds ‘n stewige ent gehad om af te lê voor ons kon kamp opslaan vir die tweede nag.  Moegheid het sy tol begin eis en dit het ‘n groepspoging geneem om tot by die aangewese kamp plek "The Judge" te kom. Hier het ons tente opgeslaan naby rotse wat effense beskutting gebied het.  Ons het gehoop om water op pad te kry maar daar was niks.  Daar was egter sneeu wat ons kon smelt om mee te kook.  Ons was baie moeg en kosmaak het langer gevat omdat ons eers die sneeu moet smelt voor ons kon kook. Die aand was koud en die slaap was nie baie diep op die ongelyk en klipperige terrein nie. Soos die vorige aand was mens bewus van ‘n tipe oorlogvoering, veral teen toordery, wat aan die gang was. Baie van ons het hoofsaaklik deur die nag gebid vir ons beskerming en God se leiding.

By "The Judge" het ons gebid dat God die Regverdige Regter sal wees in ons land.  Ons het gebid vir ‘n regering wat regverdig en reg sal optree en het God vergifnis gevra vir die onregverdigheid wat oor ons land heers.  Jes 33.22 “For the Lord is our Judge, the Lord is our Lawgiver, the Lord is our King.  He will save us”. Jes 45:8  “Rain down, you heavens, from above, and let the skies pour down righteousness;  let the earth open, let them bring forth salvation, and let righteousness spring up togehter.  I, the Lord, have created it.”

Die volgende (3de) oggend was dit sonnig en ons het teen die eskarp gestap. Die wolke is van onder af deur die wind opgewaai teen die kranse.  Dit het my herhinner aan offers wat vir God aanneemlik is. Ons stop iewers en Louis lees Sag 4:6 - Toe sê hy vir my: “Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.”.  Ons geniet vir ‘n oomblik die ongelooflike uitsig oor die kranse en wolke onder ons. Dit het weer bewolk en mistig begin raak en ook kouer.  Na ‘n redelike stap langs die eskapr het ons begin wegdraai in die rigting van Mafadi piek. Vir die eerste maal nadat ons by Bannerman's hut weg is, kry ons 'n waterstroom, waar ons kon water drink en ons water bottels kon aanvul. Hier bid ons dat God se lewende water oor ons land sal spoel en dat mense hierdie water van die lewe by Hom sal vind.  Ons het ook die water van Suid Afrika aan God toegewy deur profeties Water Purifying Drops in die stroompie te gooi.  Ons gebed was dat God ons water sal suiwer en ons mense die lewende water van Hom sal vra.

Hiervandaan het ons voortgegaan met die geleidelike klim op na Mafadi piek toe.  Dit het al hoe kouer en mistiger geraak.  Nader aan die piek moes ons oor 'n dik laag sneeu stap.  Ons gebed was dat God ons land sal vergewe en ons sonde sal wit was soos sneeu!  Ons het God gedank dat Hy ons was en reining deur die bloed van Jesus om in Sy teenwoordigheid te kan ingaan.  Hesma het baie erg pyn gehad as gevolg van blase op haar voete.  Sy het egter ervaar dat die pyn verdwyn het soos wat sy die oor die sneeu gestap tot bo by Mafadi Piek.  Die temperatuur was omtrent -8C met die koue wind!  

Bo op Mafadi het ons het gebid vir herlewing in ons land en dat Suid Afrikaners hul harte sal bekeer tot God.  Dat die hart van klip verwyder sal word en Hy ons harte van vlees sal gee. Ons vra dat die bruid van Christus sal verenig oor grense heen.  Enone het ‘n swart en wit skulpie vir ons gegee om saam met ons te dra, met die klippie in haar hand bid Nikki dat mense van verskillende rasse in SA op een berg sal wees en dat God die doek van mense se oë sal verwyder soos in Jes 25:6-7  “Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige 'n feesmaal gereed maak vir al die volke, 'n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos en geurige wyn.  Op hierdie berg sal Hy die doek verwyder, die doek wat oor al die volke gegooi was, waarmee al die nasies toegemaak was”.  Sy het ook gebid dat God Homself aan SA sal openbaar en dat SA Hom sal sien omdat die doek gelig is.  

Denise dra Gal 3:28 en Open 7:9 in haar hart omtrent eenheid in Christus oor taal, ras, geslag en kleurgrense heen.  Ook die mooiheid van ons uniekheid en andersheid as mensdom.

Hesma het in ‘n bediening van genade ingestaan teen die gees van vreesagtigheid in die land.  Hier het sy vrees, toordery, ontrouheid in huwelike, en ongeloof van ons nasie voor God neergelê (voor die Genadetroon).  Ons het ook saam met haar gestaan in gebed teen rasse divisie in ons land en God gevra om ons land te kom heelmaak in daardie opsig.

Ons lees ook die SMS wat Ds Elza gestuur het hardop: Here, dankie dat U SA na U toe draai!  Here, dankie dat elke volk en elke stam in hierdie land U stem gehoor het, hoor en sal hoor.  Here, nou bid ons in U naam, dat hierdie land, sy grondgebied en mense in Gees en waarheid sal opereer.  There will be a spiritual revolution in this nation.  Revival across race, across colour.  Get ready! Get ready! Get ready!”

Ons hou Emmie se vlag van oranje vlamme op groen agtergrond in die lug as gebed vir vuur en nuwe lewe.  Ons het banniere met God se name en die Leeu van die stam van Juda.  Die skrif wat gepaard gaan met die banniere met die leeu op is Num 10:35 “Arise O Lord, and let Your enemies be scattered” en Hoogl 6:10 “Who is she who looks forth as the morning, fair as the moon, clear as the sun, awesome as an army with banners?”.  

Ons los wierook as teken van ons gebed dat die gebede en offers daar asook tydens die voorbereiding en van die ander by basis kamp en by die huise vir God aanneemlik sal wees en vir Hom soos ‘n heerlike geur sal wees.

Ons los Roelene se Turn2God vlag op die berg! ‘n Proklamasie dat die gebied aan God behoord. Daar was so baie dinge wat ons gebid het en nog wou bid en lees oor ons land.  Ons lees Jes 45:8 en proklameer Jesus as die opgestane Here.  Louis blaas die shofar en proklameer Ex 19:13b “When the trumpet soundeth long, they shall come up to the mount” met die profetiese roep vir die mense om nie bang te wees vir die geluid nie, maar om deur te druk om met God te ontmoet.  Hy stamp ook sy stapstok in die grond as teken dat dit so is, dat dit gedoen is, dat Satan moet gaan!

In hierdie baie koue en winderige plek het ons egter gebid en vertrou dat God die elke roep van ons hart gehoor het asook al die gebede wat vooraf gebid was en die gebede van basis kamp en van die huise. Ons was desperaat om nog daar tyd te spandeer, maar ook wou ons graag uit die koue en ekstreme kondisies uit kom en het die pad teen die berg af begin. Soos wat ons weer begin daal het, het die kondisies begin verbeter en het ons liggame weer begin “ontdooi”.  Daar was weer nie water naby ons slaap plek nie maar wel sneeu naby en ook effense beskerming teen die wind. Die derde aand het ons het saam gebid dat ons regering nie soos honde sal wees wat gulsig net na hulself omsien nie (Sef 3:3).  Ons bid ook vir eenheid en liefde en God se beskerming en leiding.  Dit was koud en winderig maar ons kon kamp, kook en kooi toe vir nog ‘n nag van ongemaklike half slaap waartydens ons bid vir God se beskerming, leiding en vir ons land.

Die vierde dag het goed begin met helder sonskyn.  Oppad na die pas teen die eskarp af sien ons die mooiste afgronde van honderde meters hoog en dis asemrowend!  Louis lees Jes 49:1-6 en Sag 8:6-9 en ons sing lofliedere en geniet die asemrowende mooi uitsig. Teen die tyd dat ons nader aan die pas gekom het, het dit weer baie mistig geraak.  Die 1000m hoë pas waarteen ons moes af was iewers in die mis versteek, maar terwyl ons nog daarna soek sien ons skielik uit die mis ‘n Basoetoe man wat daar sit met sy twee honde.  Toe ons hom vra waar ons kan afgaan, het hy reguit vir ons aangedui waar om te begin.  Ek glo dit was God wat weereens getrou was om ons die pad te wys. Ons het begin met die styl afklim.  In die digte mis was die nat gras en klippe gevaarlik en dit het ons vordering vertraag.  Die mis was so erg dat ek op ‘n stadium oorweeg het dat ons dalk weer moet terug opgaan en bo kamp totdat die mis weg is.  Ons het egter besluit om aan te hou met stap en pad soek.  Op ‘n stadium kon ons nie meer die hopies klippe, wat die pad aandui, sien nie.  Ons het heen en weer oor die klippe geklouter wat deur rotsstortings veroorsaak was, opsoek na iets wat soos ‘n paadjie kan lyk.  Die terrein was onstabiel en gevaarlik.  Ons kon geen roete aanduiders sien nie.

Stap in geloof
Die pad wat ons gekies het was egter verkeerd en het ons al hoe verder van die regte pad af geneem en kort voor lank kom ons by nog 'n rotsstorting waar ons moet oorklim.  Dit bring ons toe by ‘n blootgestelde klipplaat teen ‘n styl helling met net ‘n klein lysie om op te trap.  Met ons rugsakke op was hierdie ‘n gevaarlike plek om te stap.  As iemand se voet gegly het sou hy/sy definitief afgeval het en ons sou waarskynlik in die digte mis nie eers die persoon weer maklik kon vind nie.  Ek was baie bekommerd oor die veiligheid van die groep.  Ons het terug gedraai na die laaste punt waar ons geweet het ons nog reg was.  Dit het egter beteken dat ons weer moes terug stap oor die gevaarlike lysie! My senuwees was tot op die uiterste beproef en daar was niks meer oor om te doen behalwe om te bid vir ons veiligheid en God te vertrou dat Hy na ons sal omsien nie!

Teen half twee die middag het ons gestop om te rus en te eet.  Dit was egter so styl en ongelyk dat ons skaars behoorlik kon sit.  My geloof was nog nooit voorheen so getoets nie.  In my (en van die ander) was ‘n stryd aan die gang.  Hoe kon God toelaat dat ons op so ‘n gevaarlike plek is sonder ‘n aanduiding van waarheen ons van hier af moet gaan!  Ons lewens was in gevaar, dit was koud en dit het al hoe later geraak. Tydens hierdie ete, lig het die mis op ‘n stadium genoeg dat ons die volgende roetemerkers voor ons kon sien!  Ons was op die pad!  God het ons al die tyd gelei.  Ek kom onder die indruk van hoe klein ons geloof regtig is.  Hoe afhanklik ons is van wat ons sien in plaas van skoon vetroue in God se Woord, karakter en beloftes!  God het later vir my gewys dat Sy engele op daardie tydstip hulle hande onder ons voete gehou het sodat ons veilig was (Ps 91). Van hier af was dit steeds steil en glad, maar dit was gerusstellend om op die regte pad te wees.

Aangesien ons vroeër die pad byster geraak het, het ons baie tyd verloor en moes ons later ons kopligte uithaal vir die laaste end van die stap.  Die moegheid en pyne het erg op ons gedruk, maar niemand het gekla nie want ons het geweet ons kan nie teen die berghang slaap nie en dat ons moet deurdruk tot by ‘n geskikte plek om te slaap.  In die half donker het ons skielik ‘n plat opening tussen die bome gekry, net groot genoeg om tente op te slaan.  Ons het vinnig in die donker kamp opgeslaan, gekook, geëet, wonde gedokter en reggemaak vir bed.  Ek, Louis en Anton het na water gaan soek, ons kon dit hoor maar nie in die donker en ruie omgewing daarby uitkom nie.  Ons het die water wat tussen die spanlede was onder mekaar verdeel en almal kon ten minste kos kook en het klein bietjie drinkwater gehad die aand.  Almal was baie moeg en ek glo nie enigeen het werklik daardie dag genoeg vog ingeneem nie en ek was bekommerd oor dehidrasie.

Die laaste dag was ‘n sonnige, warm dag, en die blou lug het bo ons uitgetroon!  Aangesien ons baie min water gehad het het ons vinnig gepak, koffie gedrink en weggespring.  Die plan was om te stap tot by die Marble Baths en daar brunch te nuttig. Die Marble Baths het egter nie so vinnig gekom nie.  Oor die klipperige terrein was dit moeilik en ons vordering was stadig. Uiteindelik het ons die lank verwagte Marble Baths bereik!  Daar het ons skoene uitgeskop en klere geruil vir swemklere, geëet en gerus! Marble Baths was ‘n plek van rus, veiligheid en vrede (Ps 23).  Ook die plek met ‘n natuurlike “geboorte kanaal”.  Daar was die ervaring/bewustheid van geestelike geboorte gee by van die stappers sowel as van die bidders by basis kamp.  Ek glo dit was aanduidend van ‘n nuwe begin.

Van Marbel Baths af, het die pad weer effense op en af klimmery vereis, tot ons die kontoer pad bereik het wat maklik en vinnig begaanbaar was.  Ons stap deur gebrande velde, die plek ruik nog na rook en brand, maar orals spriet nuwe gras uit.  Enone kry 2 Kor 5:17 wat gaan oor die ou dinge wat verby gegaan het en die nuwe wat gekom het!  Die bidders by basis kamp het ook ‘n beeld gehad van twee hande wat goeie grond vashou met ‘n gesonde groen plant.  Hul deel dat die offer van Jesus die vloek omkeer en herstel dit wat gebroke was na die sondeval. Ons stap ook deur ‘n groot rots wat geskeur het en dit herhinner my aan Ex 33:22 “As Ek in My magtige verkyning verbykom, sal Ek jou eer in ‘n rotsskeur sit en jou met My hande toemaak todat Ek verby is”.  Ons vat ‘n breek en peusel aan alles wat oor is in ons kosvoorraad.

By die laaste plek waar ons die rivier oorsteek kry ons klip booskappe van die Turn2God basis kamp span!  Dit het gevoel of ons tuis kom.  Wat ‘n vreugde toe ons ‘n entjie voor die kampterrein ons vriende (en mede stryders) van basis kamp sien wat ons halfpad kom ontmoet het!  Ons gemoedere was vol maar daar was nie baie woorde nie.  Elkeen het sy of haar eie stryd gestry, maar dit was baie gerusstellend om net in mekaar se teenwoordigheid te wees, selfs so sonder woorde.

Dit het vir my en die ander letterlik ‘n paar weke geneem om wat ons ervaar het in woorde om te sit. Steeds dink ek nie ek kry dit reg nie want die ervaring was groot in my binnekant. Ex 34:9  “Moses bowed his head towards the earth and worshipped.  If now I have found grace in Your ight, O Lord, go among us, even though we are a stiff necked people, and pardon our iniquity and in, and take us as Your inheritance.”

Die feit dat die stap self beduidend korter was in vergelyking met die voorbereiding wat ons moes doen, is vir my ‘n metafoor vir die lewe.  Dit gaan nie oor die eindpunt nie, maar oor die reis om daar te kom. Ons groei deur ons daaglikse wandel met die Here en nie net op die eind bestemming nie.  Dit gaan nie oor die pieke (om te kry dit waarvoor ons gebid het) nie, maar oor die pad daarna toe, die wandel met die Here, wat werklik groei en vreugde in ons lewens verskaf.

(*Nitsavim is always read on the shabbat before Rosh HaShana. It is the last parasha of the year. The Talmud says (Megillah 31:) that Ezra the Scribe instituted this so that we will get all the curses over and done with before the new year. Not that there are explicit curses in Nitsavim, but our parasha is a most fitting one to read as we approach the new year. Moshe tells the people of Israel: "For this commandment which I command you today, it is not too hard for you neither is it far off. It is not in heaven, that you should say: ‘Who shall go up for us to heaven, and bring it to us, and make us hear it, that we may do it?’ Neither is it beyond the sea, that you should say: ‘Who shall go over the sea for us, and bring it unto us, and make us hear it, that we may do it?’ But the word is very near to you, in your mouth and in your heart, that you may do it. (Devarim 30, 11-14))

Reader Comments

There are no comments for this journal entry. To create a new comment, use the form below.

PostPost a New Comment

Enter your information below to add a new comment.

My response is on my own website »
Author Email (optional):
Author URL (optional):
Post:
 
Some HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>